Kind red broer uit swembad

Johannesburg – ‘n Sesjarige meisie het haar tweejarige boetie gered nadat hy byna verdrink het in ‘n swembad in Pomona, Kempton Park, het paramedici Donderdag gesê.

“Dit is nie duidelik waarom die seuntjie in die swembad geval het nie, maar ons glo die seun is deur sy suster uitgetrek nadat hy ‘n kort rukkie onder water was,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.

“Paramedici het op die toneel gearriveer en gevind dat die seuntjie asemgehaal het, maar hy was baie koud. Hulle het hom toe op die toneel gestabiliseer voor hulle hom na die Life Glynnwood Hospitaal geneem het vir verdere behandeling,” het sy gesê.

[News24]

Leave a Reply